Afrikaanse Fiksie:

Fotoverhaal: "Budelia se losieshuis, bucerias, Nayarit, Mexico. (fiksie: geheel en al opgemaak.)

- vir Katheryne Sharp in Mexico, wat my by Budelia laat oorslaap het. Katarina: wat reg sou kies - soos Budelia sal.

Budelia se losieshuis

©Audrey Nolte Painter. 23 Jan 2010. (Reisverhaal klankbaan: Ware verhaal oor die reis na Katarina en Budelia se losieshuis in Bucerias.)

Budelia skuif reg in die stoel voor die TV van haar losieshuis. Vanaand is die aand waar sy sal moet kies. Sy sug en sit die klank harder om die hoogwater geraas van die see te oordonder. Die sepie is oor die vrou, Cami, wat uit Mexico reis tot in die Ooste. In Tibet se berge soek Cami nou al weke lank na haar geliefde, Enrique, wat 'n dalk monnik geword het. Gister het sy tot op 'n bergpiek geloop, met die wind wat huil om haar en ruk aan die rye gekleurde gebedsvlaggies wat in lang rye gespan is tussen die ou kloosters op die pieke. Haar Enrique was nie een van die sewe stil mans wat sy gevind het nie. Haar voete het gebloei van dae se stap en een van die monnike met oranje klere aan het 'n bakkie water gebring en rustig haar voete gewas.........................lees later verder. Hierdie verhaal word binnekort in Suid Afrika gepubliseer.