christmas - 2009 - kersfees

 

English

Christmas tree and gifts. The lights in the windows can be seen from far, this is on the 3rd floor of our house.

Afrikaans

Kersboom en geskenke met die liggies teen die venster wat mens van die straat af kan sien. Die vertrek is op die 3e vloer van ons huis.

These children were home for Christmas. From the left: Sefie, Lindi and Roelien. Our son Christiaan was in Mosambique with his wife, Marli and her family.

 

Die kinders wat kom kuier het. Van links na regs: Sefie, Lindi en Roelien. Ons seun Christiaan was in Mosambiek saam met sy vrou Marli en haar gesin.
How our son, Sefie, wrapped his gift to us in green and put them on a bookshelf. These were not books - he just made them all look that way

 

 

Sefie se geskenke was soos boeke toegedraai, in groen en op 'n kamstige boekrak. Nie een van die persente was boeke nie.
Roelien is delighted with a gift from a small and cute bag.

 

Roelien kry 'n persent in die kleinste en mooiste pakkie, mens kan amper nie jou vingers inkry nie.
Fun. Roelien is visiting from South Africa and her younger brother is swinging her in front of the Christmas tree. Dec 24th, in our tradition - the evening when we open gifts.

 

Lawwe dae saam. Roelien kuier uit Suid-Afrika vir 2 weke en Sefie swaai haar voor die Kersboom rond. Oukersaand - 2009
My youngest daughter, Lindi - kisses her gidt from South African boyfriend Ruan.

 

Lindi - my jongste dogter, soen die geskenk van haar Ruan af. Hy woon in Suid-Afrika.
My daughter Roelien dreaming about a white Christmas. It did not snow this year. We had a week of full sunshine - rare in Vancouver over Christmas.

 

My oudste dogter, Roelien droom oor 'n wit Kersfees. DIt wou die jaar nie sneeu nie. Ons het 'n week vol sonskyn gehad - 'n raar lekkerte in Vancouver in Desember.
Joy. Children at home for Christmas. Last year all four of them were in South Africa - this year we had three with us, their laughter fills the house.

 

Vreugde: kinders uit Suid-Afrika se gelag maak die huis vol. Drie van die vier was hier, verlede jaar was al vier in Suid-Afrika.
The mom and dad of this house get their moment to shine.

 

Die pa en ma van die huis is vir 'n rukkie op die voorgrond tussen al die kinders van die huis.
Our 09 Christmas photo. Our son Christiaan was not home, he was in Mosambique with his wife Marli and her family.

 

Die Kersfeesfoto van 09. Net Christiaan was nie by die huis nie, hy en Marli was by sy skoonfamilie in Mosambiek.

 

 

 

Kies - 'n Kortverhaal vir tieners

©audreypainter2009

 

Kies

vir my eie kind: Lindi.

 

Klankbaan van die verhaal in parallelle teks: Opvoedkundig: Afrikaans as tweede taal: Universiteit van Wisconsin. In Engels vertaal deur Dr. Jacques du Plesses

Eendag lank lank gelede, voor TV en selfone, was daar n dorp aan die westekant van n berg. 'n Gewone klein dorpie. Aan die einde van n baie lang stofpad wat ses keer met bruggies oor n riviertjie moes loop. Voor mens by die grootpad kon kom. In die plekkie was ses meisies van om en by agtien.

 

Elkeen het n besondere talent gehad. Daar was 'n ontsettende sikloon die jaar van hulle geboorte. Mense het geglo dat die storm die talente ingewaai en ingespoel het. Niemand anders was voor die tyd of daarna weer spesiaal nie. Een van hulle kon siektes gesond maak. Met volmaan. Sy het, net na haar agtiende verjaarsdag, stad toe weggeloop. Dit was sommer saam met die gladdebek groentesmous wat haar roem en rykdom beloof het. Niemand het haar ooit weer gesien nie. Gerugte uit die stad was net dat sy buite die dorpie toe geen kragte gehad het nie. Dat sy daarna maar agter die smous aangedrentel het; omdat sy vir hom lief was. Van die ander vyf in die dorp kon mense baie vertel. Van heinde en verre het selfs vreemdelinge kom kyk en luister en bewonder. Die een wie se hare altyd kort was, kon vinniger hardloop, hoër spring en langer uithou as selfs die sterk jong mans van die dorp. Sy was saggeaard en handig en het sewe mans se werk per dag gedoen: Van sy twaalf was al.

 

Die tweeling kon sing en dans en musiek maak. Hulle het nuwe note by die ou lirieke gesit en die dorp laat leef. Wyses en musiekkenners het kom inspirasie soek deur weke op die markplein te bly. Om te hoor hoe woorde musiek word. En hoe selfs die dood van n geliefde dorpenaar, n wysie kry om hom te eer vir altyd. Die skryfster was skilder ook. Digter en dramaturg. Sy het boeke laat leef met haar eie sketse en kinders en ou mense vermaak met lawwigheid oor dansende paddas wat, met pyl en boog, spinnekoppe gaan jag. Mense van ver plekke wat stories en prente wou kom steel, het blykbaar met die wegstap, stofpad langs oor die riviertjie, stadig maar seker vergeet wat sy geskryf het. So amper asof die stroompie die stories en prentjies teruggevat het. In hulle tuisdorpe was dit was hulle gaan haal het by haar, afgewater en kleurloos.

 

Dit was egter die bruinkop kind wat die besonderste een was. Die wyse kind. Haar oë het van die eerste lewenslig af, al geskyn met n helderheid wat bygelowiges bekommerd gemaak het. Sy was die jongste en laaste van die ses besondere dogters van daai jaar, en die allermoeilikste baba. Haar gehuil het die sang van die tweeling gesmoor en die prentjies van die skryfster vertroebel. Die heler se raad het minder goed gewerk op die dae as die donkerkop kind dwars of droewig was. Iemand het eers op haar derde verjaarsdag besef dat sy kalmeer as sy oogkontak hou met iemand. Na omtrent vyf stadige tellings. En vyf het soos n ewigheid gevoel terwyl die kind gegil het.

 

Haar stiltes het oombliklik gekom. Haar glimlaggende vuurvaste blik het die plek ingeneem van die gehuil. Die huil wat nogal lastig was in n rustige dorpie met n stroompie teen die westekant van n berg. Niemand het ooit ongemaklik gevoel oor die intense kyke van die kind nie, dit het hulle eers net aangenaam verras dat sy regtig so ophou huil het. Sy het met die vyf portuurgroep maats gespeel en was eintlik net n gewone kind met besondere mooi oë. Maar sy was heel anders as gewoonweg. As kunstenaars het die tweeling vertel dat sy met n kyk die musiekinstrumente kon instel en beter laat resoneer. Die dorpenaars was teen die tyd al verby verslae wees oor die ses kinders. Hulle het die donkerkop kind fyner begin dophou en haar oë se kyke begin volg. Die klanke op die markplein was suiwerder. Almal kon dit hierna hoor. Die bakker het kom bieg. Hy het haar eendag vertel hoe hy sukkel om die winterdeeg te laat rys. Sy het lank sit en luister. Niks gevra nie, niks vertel nie en ook nie raad gegee nie. Hy het toe maar aanhou praat. Vertel van sy seun wat winteroggende knaend hoes en sy vrou wat so graag n dogter wou hê. Van sy eie pa wat kleintyd weggeloop het. Hoe hy hom gemis het, en wens dat hy hom kon ken. Ook dat hy wonder of hy al dood is of nie. Sy kon erg roerloos luister, het die bakker vertel. Miskien juis die rede waarom mense net aanhou praat het. Dit wat sy gehoor het, het hare gebly. Mooi en vreemd genoeg het dit nooit hartseer in haar oë gesit nie. Dit was asof sy met n knik van verstaan, plek losgeskommel het in haar siel. Om die storie daar weg te pak.

 

Sy, was die luisteraar.

 

Sy was die hoorder van dit wat laatnagte in die systrate van haar dorp gebeur het. Van al die blydskap ook. Van nuwe liefdes en n goeie oes. Van siektes en dood en pyn en diepste geheime. Selfs die donkerste geheime en begeertes. Op agtien het sy meer geheime geken as die oudstes en die wysstes van die dorp. Haar oë het geluister en meer en meer en meer woorde agter toe deure uit mense laat vloei. Soos die stroom by die dorp na goeie reën. Sodra haar sielskwota vol was vir die dag of week, het sy haar onttrek en eenkant gehou. Stil. Sy't langs die skrywer-skilderes gaan sit; sonder woorde tussen die twee. Of saam met die tweeling in die aand in die oopveld gaan lê, waar hulle nuwe wysies en woorde gemaak het met snaar instrumente. Ook woordloos. Mense het van buurdorpe begin kom om stories en lewens te vertel. Toe van ver af ook. n Ryk ou man, met baie op die hart, het n koelte afdakkie opgerig langs die stroom. Sommer met n oulike hout bruggie by. Hy het pienk lotus lelies laat invoer om op die water te dryf, om kleur te gee. Net vir die mooi.

 

Meer en meer en meer mense het aangelas om dank te wys. Hulde te bring. Lanterns kom oprig vir sagte lig in die aand en bome geplant. Iemand het tuine uitgelê en sagte meubels gebring vir onder die afdak waar sy gesit het. Alles is aangedra deur almal, bloot om dankie te sê. Goud en silwer bakke vol vrugte het gekom. Eksotiese voëls in weelde koue het sag gefluit vroeg soggens. Bonkige kussings, met dik wollerige tossels, het kom lê op handgemaakte matte uit ver lande. Iemand het wierook kom aansteek in vase van fyn porselein. Kerse wat flikker was saam met uitheemse kosse en kruie op die tafels van marmer.

 

Skielik eendag, was dit nie meer net n afdak vir koelte nie, maar n paleis vir n prinses. Sy het daai dag opgekyk, die rye mense met die baie baie woorde in hulle seer siele sien staan. Toe weggekyk en haar diep donker oë op die weelde om haar laat rus. Die fonteine, lelies, kerse, matte, en klere van die fynste sy. Haar oë het heeldag net na alles gekyk. Sy was diep geraak deur die prag om haar. Sy het nog 'n dag net gekyk en gestaar. Gesien hoe wyd die vlerke van die hokvoëls uitsprei en glinster as die son opkom. Die mense in die tou het geduldig gewag. Ook gekyk en gewonder wat hulle kon byvoeg om iets te kon teruggee aan die meisie wie se helder oë kon luister. Eerbiedig stil was almal.

 

En presies net toe, het sy geweet dat haar oë net een van die twee sou kon sien: die siele van mense of die sagtheid van die lieflike weelde om haar. Net een.

Toe kies sy.

 

-vir jou, as tiener iewers op aarde: sodat jy eendag reg sal kies.

-audrey


 

Back To Home

Most Popular