South Africa

 

 

 

South Africa, my land

This is where my heart is. In the land of my birth: South Africa. I want to tell you about my country: where I do not live at the moment, but where most of my stories come from. . .

 

Matilda Clifford skryf uit Suid Afrika oor kruie: Kardemom

Kardemom
My oulike speserye boek, “The world of spice” van Michael Bateman, vertel so mooi van kardemom. Dis familie van gemmer en word “queen of spices” genoem. Dit is skynbaar, naas saffryn en vanilla, die kosbaarste spesery ter wereld!

Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek kardemom rooster wens ek dat ek parfuum kan kry wat so ruik! Dit het so ‘n onbeskryflike misterieuse geur – iets tussen ‘n blom en ‘n groen woudland. En ek lees die saadlobbe word gevorm van die blomme wat aan ‘n pragtige bamboesagtige plant blom aan stingels soos die van orgidees. Oe, ek het die mooiste prentjie in my kop van die klein groen saadlobbetjies wat soos geurige druppels aan die stingels hang.

En wraggies, daar praat die boek daarvan dat mens dit gebruik “to perfume rice dishes, such as pilafs and birianis”! En nog beter nuus – in die Arabiese lande word dit by koffie en tee gevoeg om dit ‘n pikante geur te gee. Dit gaan ek probeer!

In Europa voeg hulle dit by gebak en piekels en die Swede voer hope daarvan uit Indie in vir likeurs.

Die antieke Grieke het dieselfde idee as ek – hulle het ‘n soliede wasparfuum gegeur met karemom gemaak wat hulle in skulpe gesit en dan in hulle hare of klere gedra het.

Ek “voel” gewoonlik wanneer kardemom gaan werk in ‘n gereg. Ek het ‘n resep vir growwe skons met droe vye daarin wat net smeek vir geroosterde kardemom.

O, en as jy koop: die ware kardemom is groen saadhuisies. Of dalk wit as dit gebleik is vir sommige markte. Groter bruin en swart huisies word van ander spesies verkry en word vals kardemom genoem.

Medisinaal help dit vir halitose, seerkeel, en hoes en die essensiele olie word gebruik vir die behandeling van swak spysvertering, naarheid, diaree en opgeblasenheid.

Ek wil vir my van die olie probeer kry. Ek wil dit meng met my spesiale natuurlike badsoutmengsel en dan wil ek le in die geur in ‘n stomende bad en my verbeel ek is in die vrugbare heuwels van Kerala. Daar in Suid-wes Indie waar die grootste plantasies van kardemom is. Kan jy dink om die heeltyd met so ‘n geur om jou te leef?

Jy’s reg, Audrey. Kerm, karring en kla is uit. Ek wonder hoe sal karringmelkbeskuit gegeur met kardemom smaak? My intuisie se YES!

Net more!

 

 

 

 

 

Most Popular